Indien jy nie van ons amptelike pakkette gebruik maak nie kan jy self oefenprobleme uit jou handboek kies om te doen.
As jy van ons amptelike pakkette gebruik maak:
- Doen die volgende probleme heeltemal op jou eie.
- Merk jou antwoorde met die memo
- Kyk nou die videos van al die probleme (selfs die wat jy reggekry het).
- Probeer weer die probleme wat jy verkeerd gehad het.
Doen die volgende:
- Vraestel 1: Vraag 3 (al 5 vrae met alle sub-vrae)
- Vraestel 2: Vraag 2 (al 7 vrae)
- Vraestel 3: Vraag 1 (al 7 vrae)
Jy is welkom om nog probleme uit die vraestelle te doen maar dis geensins nodig nie.