Instruksies!! (Lees my MOOOOOI DEUR)!!

OF moenie lees nie en kyk net die video (highly recommended)!

Subskripsie werk so:

OP die 1ste Januarie van elke jaar gaan die bedrag wat jy nou betaal het weer af gaan. Jy kan enige tyd kanselleer en daar is 4 maniere waarop jou subskripsie gekanselleer kan word:

1. Jy doen dit self. Klik op "Menu" dan op "My Pakkette/Teken in" (as jy nie ingeteken is nie - teken in). Klik dan op "My Subscriptions". Laastens, klik op die rooi kruisies van al die subskripsies wat jy wil kanselleer (as jy nie rooi kruisies sien nie sal daar 'n opsie wees: "Cancel Subscription".

2. Laat weet ons jy wil kanselleer (E-pos of WhatsApp) en ons doen dit vir jou - gee asb ten minste 2 werksdae hiervoor (moet my NIE op 31 Desember laat weet jy wil kanselleer nie).

3. Jou subskripsie het aangegaan tot aan die einde van jou Gr12 jaar (dan kanselleer ons hom outomaties).

4. Jou betaling het misluk - dan kanselleer hy outomaties. 

Jy gaan "PolyMathic" of "Flutterwave" op jou staat sien. Indien die bank jou ooit kontak, onthou asb dat dit ons is. Indien jy wil kanselleer, moet asb nie vir die bank se hulle moenie die transaksie laat deurgaan nie - dis hoe ons ge"blacklist" word. Laat weet hulle om hom toe te laat en laat weet ons dan om te kanselleer.

Veronderstel jy's nou Gr10, jou subskripsie gaan volgende jaar aan en ons sit jou op die Gr11 pakket en daarna op Gr12. Aan die einde van Gr12 kanselleer ek hom vir jou.

Let op - wanneer jou betaling volgende jaar deurgaan gaan die epos lyk of jy weer betaal het vir die jaar se pakket. Dis omdat ons jou eers deur die loop van Januarie op die volgende pakket gaan sit. 

PolyMathic (Pakkette) werk so:

Om by jou pakkette uit te kom moet jy ingeteken wees. Klik regs bo op "Menu" en dan op "My Pakkette/Teken in" indien jy nie ingeteken is nie teken in met die epos en password wat jy gekies het toe jy die pakket gekoop het. Sodra jy ingeteken is, klik op "My subscriptions" en dan op die pakket wat jy gekoop het.

Na jy die instruksies hierbo gevolg het gaan jy die pakket sien. Bo staan hierdie instruksies weer. Verder af is "Topics for this course". Die PDF/s wat die vraestelle en memos bevat is die eerste "topic" die res van die "topics" is die videos. Indien jy op enige topic klik gaan hy oopmaak in 'n "dropdown" om al sy lesse te wys. As jy dan op 'n les klik gaan dit jou in die kursus in vat en die video gaan begin speel (of as dit die PDF is gaan die PDF oopmaak, jy kan dan klik op download en hom print).

Dis dit!

1 of 2 laaste goed:

1. As jy nie regkom nie of met ons wil gesels - kontak ons.

2. Voor jy ons kontak - kyk eers uit of daar nie 'n video met instruksies bo aan die blad is nie (hierdie blad het bv so 'n video) - ons beantwoord meeste algemene vrae daarin.

3. As jy hierdie instruksies vergeet - die skakel na die blad is in die "menu".

4. Sterkte met die studies!