Placeholder canvas

BEMEESTER Wiskunde met ons stap-vir-stap proses 

Die MINSTE moeite vir die BESTE RESULTATE!

Hierdie is 'n opsomming (aangesien niemand die res gaan lees nie): Ek is Luandrn en met my Videos gaan jy Wiskunde bemeester. PolymA+hic is die BESTE, en vereis die minste studeer-TYD (en nou is dit GRATIS ook). Glo Jy my?
Begin NOU
Nog nie oortuig nie? Hier is meer inligting.
PolyMathic Wiskunde Storie
TYD
Kyk die VIDEOS op jou eie tyd sonder om te wag vir 'n onderwyser of tutor. Konsentreer slegs op wat saak maak en sny die "fluff".
DIENS
Begin onmiddellik.
WAARDE
100% GRATIS
RESULTATE
120 5-ster reviews

PolymA+hic: Die begin...

Hello! My naam is Luandrn (ja, dis reg gespel) en ek is die eienaar hier (die dork in die foto).
Hulle se jy moet NOU doen wat jy MOET doen sodat jy LATER kan doen wat jy WIL doen. Ek het nog altyd geglo daar is 'n beter manier: Doen NOU wat jy WIL doen want daar gaan ALTYD nog iets wees wat jy MOET doen.
Ek jaag, in alles wat ek doen, TYD na! Ek het 'n PASSIE vir wiskunde en nog meer so vir Wetenskap. Ek weet ook altyd beter en maak dus 'n goeie onnie... :) Omdat daar nooit tyd is om te doen wat jy WIL doen nie, probeer ek altyd om die "doen wat jy MOET" so effektief as moontlik af te handel. Ek's vreeslik ongeduldig en verwag ten alle tye uitmuntende DIENS, uitstekende WAARDE vir geld en oombliklike RESULTATE. Met PolymA+hic het ek dit reggekry vir myself en ook vir elke leerder wat daarvan gebruik maak. Maar voor ek daarby uitkom:
In 2007 kry ek onderskeidings in 8 van my 7 vakke (dis nie 'n Wiskundige fout nie). In 2012 vang ek Graad in Chemiese Ingenieurswese by TUKS en toe is ek Durban toe om my Nagraads te gaan doen. In 2015 begin ek werk as Ingenieur en verwens ek waarlik elke oomblik. Na 2 jaar is my beurs terug gewerk en bedank ek summier. Ek tutor vanaf 2008 tot en met 2017 deeltyds.
April 2017 stig ek "Wiskunde Schmiskunde" (nou bekend as PolymA+hic), 'n eenvoudige konsep: ou vraestelle, stap-vir-stap opgelos op VIDEO. Geïnspireer deur die legendariese William Smith se TV program en die vraestelle wat ek uitgewerk het toe ek op skool was. Elke leerder kan aangaan sonder om te wag vir volgende week se klas en sonder om 'n enkele sekonde te mors op "fluff" - WAT NIE IN DIE EKSAMEN GAAN WEES NIE. Ek weet dat dit resultate gaan lewer want dis die metode wat ALLE top studente volg. Ek besluit ook dat ek alles sal insit om die beste diens te lewer asook om alles outomaties te maak sodat enige leerder enige tyd kan  BEGIN!
Tyd het geleer dat ek geslaag het in my missie. PolymA+hic het tans meer as 120 5ster reviews, beter as enige ander program daar buite (die BESTE). PolymA+hic was die goodkoopste opsie ook - maar nou is dit sommer heeltemal GRATIS en laastens leer jy net wat belangrik is vir die eksamen, enige tyd, op jou eie tyd (MINSTE MOEITE).
Dis die "hoe" van TYD, DIENS, WAARDE en RESULTATE asook die "hoekom" van PolymA+hic, die "wie" ek is en laastens die "waar" jy dit kan kry - in 'n neutedop.